SAPD probeer byna 50 moorde per dag vergoeilik

Deel op

Alhoewel die minister van Polisie, Nathi Nhleko en genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, die jongste misdaadsyfers deur die statistikus-generaal en Statistieke Suid-Afrika laat nagaan het, meen ontleders dat dit nog veel hoër is as wat die regering wil voorhou.

Met moord, motorkapings en huisrooftogte, is ​Suid-Afrika nóg gevaarlikers as ‘n jaar gelede met geweldsmisdade deur swart aanvallers wat die afgelope jaar verder gestyg het.

Moord het met 4,6% gestyg, motorkapings met 14,2% en huisrooftogte met 5,2%. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die reeds hoë moordsyfer styg.

Ten minste 48 mense word daagliks in Suid-Afrika vermoor, maar dit kan nog hoër wees.

Dwelmverwante misdade (8,3%), bestuur onder die invloed van drank of dwelms (9,4%) en seksuele aanranding weens polisiegedrag (87,5%) het ook toegeneem.

Phiyega het nietemin Dinsdag volgehou dat sekere misdade oor die afgelope tien jaar afgeneem het, soos misdade teen vroue en kinders.

Phiyega meen ook die toenemende aantal vuurwapens in die land bly ‘n ernstige probleem. Sy het in die parlement gesê die probleem duur voort ten spyte van die polisie se pogings om vuurwapens op te spoor en te vernietig.

Phiyega sê die vuurwapenwet behoort verder verstewig te word om van onwettige vuurwapens ontslae te raak.

Die jongste misdaadsyfers toon egter ‘n afname van 246 voorvalle in die onwettige besit van vuurwapens.

Byna 700 polisielede is die afgelope jaar egter in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid by misdaad.

Die houvas oor die land deur georganiseerde misdaad is ook duidelik uit die jongste misdaadstatistiek.

Die 2014-2015 syfers toon dramatiese stygings in vragmotorkapings (tot 29,1% teenoor die vorige jaar) en motorkapings (tot 14,2%), asook dwelmverwante misdaad.

Hierdie patroon, meen ‘n kriminologieprofessor aan Unisa, Anthony Minnaar, hou verband met georganiseerde misdaad.

“In ‘n onlangse VN-verslag oor georganiseerde misdaad is verklaar dat Suid-Afrika ‘n swaartepunt is in die verskaffing aan die res van Afrika van sindikate se gesteelde goedere,” het Minnaar gesê en bygevoeg dat Lagos eers dié posisie beklee het.

‘n Polisiekaptein het aan PRAAG gesê daar is geloofwaardige getuienis dat swart aanvallers militêre opleiding in Zimbabwe ontvang en dan oor die grens kom om aanvalle uit te voer.

Sodra die polisie egter sukses het met die opsporing van dié aanvalsgroepe, word die polisie-eenhede deur die bestuur ontbind.

Die skuld vir die hoë moordsyfer moet nie op die polisie of die regstelsel gepak word nie, want moord is ’n “maatskaplike fenomeen”, het Nhleko verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.