Hitachi beboet vir Medupi-korrupsie

Deel op

Die Japanse maatskappy, Hitachi, sal ‘n skikkingsbedrag van $19 miljoen Amerikaanse dollar betaal nadat onbehoorlike betalings aan die lig gekom het.

Dit hou verband met kontrakte vir die multi-miljard randse Medupi-kragaanleg.

Dié maatskappy het geld aan ‘n frontmaatskappy met ANC-bande oorbetaal, om die lukratiewe energiekontrak in Suid-Afrika te verseker. Die frontmaatskappy is Chancellor House.

Hitachi het ingestem om die $19 miljoen te betaal om die saak te skik. Hitachi wou egter nie die aanklagte erken of ontken nie.

Die Amerikaanse owerheid wat toesig hou oor Sekuriteite en Markte, die US Securities and Exchange Commission (SEC), het Hitachi aangekla van beweerde onbehoorlike betalings aan die maatskappy en onakkurate rekordhouding.

Die SEC sê Hitachi het Amerikaanse Buitelandse Korrupsie-wetgewing oortree toe hy ses-miljoen dollar se betalings aangedui het as konsultasiefooie en ander wettige betalings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.