Zim moet graan invoer met hongersnood wat dreig

Deel op

Die Zimbabwiese regering het begin om graan aan gesinne uit te deel wat getref word deur ‘n ernstige droogte in al die provinsies van die land.

Die VSA wat Famine Early Warning Systems Network (Fewsnet) befonds, het in Mei berig dat sommige huishoudings in landelike gebiede in die suide van die land “byna niks” geproduseer het nie, deels te wyte aan “laat reën gevolg deur ‘n langdurige droë periode”.

Zimbabwe moet graan invoer uit verskeie lande in die streek om voedseltekorte te probeer voorkom in die land na swak oeste.

Die landbou-katastrofe is die gevolg van Robert Mugabe se grondhervormingsplan, waar wit boere se grond gekonfiskeer is en vir swartes gegee is.

Luidens mediaberigte moet die Suider-Afrikaanse land ten minste 700 000 ton mielies lewer om voedseltekorte te voorkom. Die invoere sal die platsaktesourie van die land sowat R3,1 miljard kos, volgens ontleders.

Ten minste 16% van die land se geraamde 13 miljoen mense staar hongersnood in die gesig.

Volgens die staatsbeheerde Herald-koerant, word die provinsie Masvingo die ergste geraak en ten minste 131 000 ton graan word benodig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.