Open Stellenbosch eis dat US-raad ontbind

Deel op

Lede van die drukgroep Open Stellenbosch eis dat die raad van die Universiteit Stellenbosch ontbind word.

Die groep het opgeruk na ‘n lokaal waar ‘n raadsvergadering gehou word.

Hulle beweer die raad “belemmer transformasie” omdat die bestuur nie wil toegee aan hul eise nie.

Die raadsvoorsitter, George Steyn sê hulle het kennis geneem van die studente se griewe.

Intussen probeer wit studente deur die I Am Stellenbosch-veldtog wys dat hulle ander kulture omarm, maar het negatiewe kritiek van swartes vir hul pogings ontlok.

Die veldtog behels studente wat beskrywings van hulself vertoon, skynbaar bedoel om stereotipes van “wit rassiste” te bestry.

Open Stellenbosch se woordvoerder Mohammad Shabangu het die veldtog as “lagwekkend op sy beste” beskryf en gesê dit bevestig “apartheidsontkenning”, tesame met ‘n “ontkenning van die wettige griewe van swart mense”.

Professor Arnold Schoonwinkel, viserektor, het verlede week in ‘n verklaring gesê dit is nie moontlik vir die Universiteit Stellenbosch om alle lesings vanaf Januarie volgende jaar aan te bied in Engels én Afrikaans nie.

Die beperkings van dosentbeskikbaarheid, klaskamers en roosters, beteken dat slegs die mees gewilde modules oorweeg sal word vir omskakeling na parallel-medium onderrig in 2016.

Die US sal Xhosa ook as deel van die taalfasiliteringsplan implementeer. Die US se verbintenis aan Xhosa is voorheen deur Open Stellenbosch-aktiviste gekritiseer as ‘n leë gebaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.