Phiyega onder druk oor verwagte geweldsmisdaad-toename

Deel op

Die nasionale polisiehoof Generaal Riah Phiyega sal na verwagting Dinsdag misdaadstatistiek vrystel wat ‘n dramatiese toename in gewelddadige misdaad toon.

Volgens City Press is ‘n styging in die koers van moord, verkragting, roof en motorkapings te wagte.

Maar bronne in die SA Polisiediens (SAPD) het aan City Press gesê die toename in gewelddadige misdaad is nie so hoog soos verlede jaar se skerp styging nie.

Phiyega is tans onder druk, want sy het tot Maandag om te reageer op President Jacob Zuma se versoek dat sy redes verskaf vir waarom sy nie geskors moet word nie, hangende ‘n ondersoek na haar optrede tydens die Marikana-slagting.

‘n Toename in residensiële inbrake en rooftogte by besighede landwyd sal ook na verwagting onthul word. Die toenames is veral in swart gebiede opgemerk.

In sekere gebiede rondom Gauteng, het geweldsmisdaad toegeneem teen ‘n onrusbarende tempo tussen April verlede jaar en Januarie vandeesjaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.