Afrikaanse sakeman terug in SA na nagmerrie in EG-tronk

Deel op

Die Suid-Afrikaanse sakeman, Daniel Janse van Rensburg is met sy familie by die George-lughawe herenig, nadat hy vir twee jaar in Ekwatoriaal Guinee aangehou is.

Janse van Rensburg, van Hoekwil naby Wildernis, het vroeër uitgeput op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in Suid-Afrika aangekom.

Die gesin se nagmerrie het twee jaar gelede begin, toe Daniel genader is deur Gabriel Bela Angabi, ‘n sakeman van Ekwatoriaal-Guinee, asook politikus en skoonseun van die land se president. Die Suid-Afrikaner moes hom glo help met die opstel van ‘n lugredery.

Daniel het na Malabo gereis in September 2013 om te verseker dat die dokumentasie in plek is. Kort na sy aankoms is hy in hegtenis geneem omdat hy na bewering R1 miljoen aan Angabi geskuld het.

Janse van Rensburg is aangehou en in die tronk gegooi waar hy vier keer malaria opgedoen het asook tifuskoors.

Suid-Afrikaanse diplomate het ingegryp nadat planne om hom Donderdag terug te bring misluk het, en Janse van Rensburg is persoonlik na die lughawe in Malabo vergesel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.