Springbokkaptein tree uit

Deel op

Die Springbokkaptein, Jean de Villiers het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig nadat hy sy kakebeen beseer het.

Hy keer vandag na Suid-Afrika terug en sal waarskynlik ‘n operasie aan sy kaak moet ondergaan.

Suid-Afrika het hul sokkies opgetrek in die Rugby Wêreldbekerkragmeting teen Samoa met ‘n oorwinning van 46-6, maar die 34-jarige De Villiers, wat die Springbokke in 37 toetse gelei het, moes voor die einde van die veld af.

Hy het 109 keer vir sy span uitgedraf, met die tweede meeste toetse van enige kaptein agter die rug en die vierde meeste toetse in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby.

De Villiers sê toe hy in Saterdag se wedstryd van die veld afgeloop het, het hy geweet dit is sy laaste keer vir die Springbokke.

Die afrigter van die Springbokspan, Heyneke Meyer, sê De Villiers sal onthou word as een van die beste Springbokke ooit wat altyd sy span voorop gestel het.

Die minister van sport, Fikile Mbalula het intussen sy waardering vir De Villiers se leierskap uitgespreek, en sê hy het sy liggaam vir sy land in die spervuur geplaas.

Mbalula, wat ‘n swart span wil sien, sê hy hoop De Villiers se veggees sal in die Sprinbokkamp voortleef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.