Zuma, Merkel bameer NAVO vir vlugtelingkrisis

Deel op

President Jacob Zuma het herhaal dat die aanval op Libië deur ‘n NAVO-geleide koalisie in 2011 tot die huidige vlugtelingkrisis in Europa bygedra het.

Hy het by ‘n funksie by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York gepraat, waar Suid-Afrika as gasheer opgetree het Vrydag.

Die byeenkoms is gehou om Suid-Afrika se leierskap van die G77 Plus China te vier.

Dié groepering van ontwikkelende lande is deur Zuma aangemoedig om samewerking oor sekere kwessies te bevorder.

Nadat die Veiligheidsraad – ondersteun deur Suid-Afrika – militêre ingryping gemagtig het in Libië, “is onsekerheid geskep in daardie deel van die wêreld, en dit is die rede vir die vlugteling-intog,” het Zuma gesê.

Hy het gesê die vlugtelingkrisis is ‘n “mensgemaakte probleem”. Die G77 Plus China, ontwikkelende lande en die ontwikkelde lande moet “beweeg na ‘n ooreenkoms oor ‘n paar kwessies”.

Die funksie is bygewoon deur verskeie staatshoofde, insluitende die Duitse kanselier Angela Merkel, wat, in teenstelling met Suid-Afrika, teen die Veiligheidsraadresolusie om militêre optrede teen Libië te magtig, gestem het.

Die uitgaande Tanzaniese president Jikaya Kikwete, Lesotho se premier Pakalitha Mosisili, Mosambiekse staatshoof President Filipe Nyusi, Ekwatoriaal-Guinee se President Obiang Nguema, Liberiese president Ellen Johnson Sirleaf en ministers en ambassadeurs van verskeie lande, insluitend van die Afrika-unie self, was teenwoordig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.