EFF wil Die Stem uit nasionale volkslied

Deel op

Die EFF het ‘n beroep gedoen dat Die Stem uit die nasionale volkslied verwyder word, het RSG berig.

‘n Woordvoerder van die EFF, Mbuyiseni Ndlozi het in ‘n erfenisdag-verklaring gesê dat Nkosi Sikelel’ iAfrika gesing moet word soos dit tydens die koloniale- en apartheidsjare gesing is, sonder die vers wat uit die voormalige volkslied, Die Stem aangepas is.

Ndlozi sê ook die Krugerwildtuin se naam moet verander word, “omdat Paul Kruger president was van ‘n Boere-republiek wat die grondslag vir die apartheidstelsel gevorm het”.

Die EFF het in die verklaring gevra dat die grondkwessie opgelos moet word. Ndlozi sê slegs die onteiening van grond sonder vergoeding om herverdeel te word, kan aan mense waardigheid gee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.