Moslems vertrap mekaar by pelgrimsbyeenkoms

Deel op

Dit is steeds nie duidelik of Suid-Afrikaners dood of beseer is tydens ‘n stormloop by ‘n Moslembyeenkoms in Mekka nie.

Meer as 700 mense is dood en sowat 800 is beseer in die stormloop tydens die Hajj-pelgrimstog in Saoedi-Arabië.

Dit is die ergste ramp tydens die pelgrimstog in 25 jaar, ten spyte van miljarde dollar wat die regering van Saoedi-Arabië bestee het om die jaarlikse pelgrimstog veiliger te maak.

Die Suid-Afrikaanse regering het vroeër in ‘n verklaring gesê hy wag nog vir inligting oor die status van Suid-Afrikaanse pelgrims in Mekka.

Die Suid-Afrikaanse Moslem-reisvereniging het ook gesê dat hy nie bewus is van enige Suid-Afrikaners wat in die stormloop dood of beseer is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.