Pleistervervaardiger ontdek rasverskille

Deel op

Na 21 jaar van demokrasie, is daar ‘n pleister vir elke kleur van die “nie-rassige” Suid-Afrika.

‘n Maatskappy in Kaapstad het ‘n gaping in die mark raakgesien met die vervaardiging van pleisters wat voldoen aan swart en bruin voorkeure.

Plasta kom in drie verskillende skakerings. Dit sluit in donker, lig en medium-donker.

Wanneer jy dus jou vinger sny of jou kind ‘n skrapie op sy knie kry, hoef niemand meer “nie-rassig” te wees daaroor nie, want die nuwe skakerings pas by die ras van die persoon.

En die pleisters is so gewild dat selfs mense in Nederland, Lesotho en Namibië dit aankoop.

Plasta is die breinkind van Lize Hartley, 27, wat ook die hoofuitvoerendebeampte van die maatskappy is.

Eendag terwyl ‘n swart vrou onderklere in ‘n winkel gesoek het, het Hartley ‘n “gloeilamp-oomblik” beleef.

“Hierdie vrou het probeer om te verduidelik aan die verkoopsassistent dat sy ‘n “naakte” kleur soek en dit het my laat dink aan ander items wat mense soek om by hul velkleur te pas.”

Sy was verbaas om te ontdek dat swart- en bruinmense die normale “een-skakering-pas-almal”-pleisters op die mark haat.

“Pleisters is nie net vir mediese gebruik nie, dit is ook kosmeties,” sê Hartley.

Die pleisters word in China vervaardig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.