Onderwysunie vra gewapende teenwoordigheid by skole

Deel op

Die Nasionale Onderwysersunie (NATU) sê metaalverklikkers en gewapende sekuriteitswagte, sal probleme van geweld by skole oplos.

In die nasleep van onlangse die skietery by Qantayi High School in Empangeni, KwaZulu-Natal, sê NATU, die tragedie sou só verhoed kon word.

‘n Graad 12-leerling is geskiet en ‘n nog ‘n swart leerling vermoor. Die skieter het daarna die geweer op homself gerig.

In ‘n ander voorval het ‘n vyftienjarige swart tiener van Pietermaritzburg skuldig gepleit in die streekhof in Durban vir die moord op ‘n mede-leerling, en die poging tot moord van ‘n ander.

Die seun, wat sy pa se geweer skool toe geneem het, het gesê hy het genoeg van boelie gehad.

Sowat 80 persent van onderwysers by Qantayi, waar die twee leerlinge verlede maand vermoor is, het versoek dat hulle na ander skole oorgeplaas word.

Die twee leerders is op die skoolterrein voor onderwysers en kinders deur deur ‘n matriekseun doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.

Die skool se beheerliggam sê die onderwysers vrees vir hulle lewens. ‘n Voormalige skoolhoof van die skool is ook vermoor.

NATU se adjunkpresident Allen Thompson het gesê die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement moet gewapende wagte in diens neem om leerlinge te deursoek en gewere, messe en ander gevaarlike wapens afneem.

NATU het ook ‘n beroep gedoen vir polisiepatrollies by skole in die oggende en middae.

Thompson het aangevoer dat met ‘n verhoogde sigbaarheid van polisielede, leerlinge en buitestaanders afgeskrik sal word van kriminele dade.

Die nasionale Departement van Basiese Onderwys het uitgevaar teen die gereelde teenwoordigheid van polisie om die hoë voorkoms van geweld in Suid-Afrikaanse skole te bekamp.

Die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van SA (Naptosa) en die SA Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het ook gewaarsku teen “militarisering” van skole.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.