Messtekery by skool lei tot arres

Deel op

Polisie in Bloemfontein het ‘n 17-jarige swart leerling in hegtenis geneem ná ‘n voorval by ‘n plaaslike skool.

Woordvoerder Joy Xaba het bevestig dat die gr. 10-leerling naby sy huis gearresteer is nadat hy glo ‘n gr. 11-leerling van ‘n ander bende met ‘n mes gesteek het.

Die slagoffer is glo agt keer in sy bolyf gesteek.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die landdroshof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.