Die ANC sal Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Internasionale Strafhof aanstaande maand by sy Algemene Vergadering bespreek, het RSG berig.
Die party sê hy is bekommerd oor wat hy die hof se arrogansie noem. Die regering is van minagting van die hof aangekla nadat hy ‘n hofbevel geïgnoreer het om die Soedannese president, Omar Al-Bashir in hegtenis te neem.
Die Internasionale Strafhof het vroeër ‘n internasionale lasbrief vir Al-Bashir se inhegtenisneming uitgereik waaraan ondertekenaars van die Statuut van Rome, ingevolge waarvan die hof opgerig is, moet voldoen.
Suid-Afrika is ‘n ondertekenaar van die Statuut van Rome.