Hongarye stem strawwer maatreëls teen instroming

Deel op

Hongarye het drastiese nuwe maatreëls gestem wat die bevoegdhede vir sy weermag sal uitbrei in ‘n poging om die toestroming van vlugtelinge te keer.

Die nuwe maatreëls is met ‘n tweederde meerderheid aanvaar.

Die polisie mag ook voortaan private huise binnegaan om na onwettige migrante te soek sonder ‘n lasbrief.

Honderde duisende mense het reeds vanjaar Europa bereik, met Oostenryk wat net die afgelope naweek sowat 23.000 vlugtelinge geregistreer het.

Fortuinsoekers uit Moslemlande wat deur die VSA en NAVO gedestabiliseer is, is van die een na die ander Balkan-land gestuur, maar het intussen daarin geslaag om die EU-grens oor te steek waar hulle binne die Schengen-gebied vrye beweging geniet.

Politici in Hongarye, wat verlede week sy grens met Serwië gesluit het, het nuwe wetgewing bekragtig wat die weermag toelaat om grensbeheer toe te pas mits hulle op ‘n nie-dodelike wyse optree.

Intussen blyk dit dat vals paspoorte deur mensesmokkelaars op Facebook geadverteer word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.