Té simplisties om net Heyneke Meyer te verkwalik

Saterdagmiddag se treurmare in Brighton gaan ongetwyfeld vir weke nog die hoofpunt van bespreking onder rugbygeesdriftiges in Suid-Afrika wees. Die eens magtige Bok word soesji, afgeslag deur die Japannese.

Veral een akteur in die Japannese tragedie staan vierkantig in die beskuldigdebank: Heyneke Meyer. Al wat ‘n cliché is word aangewend om hom mee te beswadder. Meyer se keuse van ‘n kaptein, Jean de Villiers, asook sy spanmaats soos Victor Matfield, is te oud vir die Springbokke. Meyer is na bewering ‘n groot Bloubul-ondersteuner, en is glo die consigliere van een of ander Loftus-Mafia, wat saamsweer om soveel as moontlik ou kranklikes in die span in te sluit, en verkieslik ou, kranklike Bloubulle.

Soos altyd die geval maar is met sulke massahisterie, raak die feite iewers langs die pad verlore. Ek bemerk ook ‘n sterk anti-Afrikaner inslag by baie van hierdie histerie.

Kom ons neem Meyer se beweerde Bulle-vooroordele as ‘n voorbeeld. (Is die Bulle ‘n metoniem vir Afrikaanse spelers?) Daar was slegs twee huidige Bulle in die beginspan Saterdag. Die ander 87% van die beginspan kom van ander provinsies af, of vanaf oorsese spanne. Wat moet ons hieruit aflei? Het die Bloubul-senter, Kriel, en die Bloubul-slot, Matfield, se blote teenwoordigheid die ander 13 spelers heeltemal van al hulle vorige afrigting by ander provinsies or oorsese klubs soos die WP, Montpellier en die Haaie maak vergeet, en hulle ook besmet met die stampkarrugby wat kennelik voorheen die Bulle se spel gekenmerk het? Meyer word in die een asem gekritiseer omdat sy span te veel op skoppery staat maak, maar Saterdag verkies die Springbokke om 15 punte op die veld te laat, omdat hulle juis nie pale toe wil skop nie.

‘n Goeie voorbeeld van hierdie irrasionele haat vir Afrikanerspelers is die jong, Engelssprekende losskakel van die Haaie, Pat Lambie. Lambie word weekliks deur Engelssprekendes soos Peter Bruce, Business Day se redakteur, opgehemel, terwyl hy dikwels teen Afrikaanse spelers te velde trek in dieselfde asem. Bruce het selfs die dag voor die rampspoed op Brighton in sy rubriek in Business Day ‘n fantasie beleef oor hoe Lambie vir Richie McCaw uit die pad sou veeg oppad na die doellyn toe tydens die RWB se eindstryd. Lambie het egter vir Bruce en sy ander aanhangers egter Saterdag doodstil gespeel, so vrotsig was hy. Dit was eers toe die Afrikaanssprekende Handré Pollard op die veld gekom het dat dinge so ‘n ietwat verbeter het agterlangs. Nou is Pollard skielik weer die antwoord op nommer 10, volgens die media. Daardie selfde media wat gemeen het Lambie loop op water.

Ek vreet dus nie sulke simplistiese “verklarings” vir die ramp op Brighton vir soetkoek op nie, en veral nie die kwalik bedekte haat vir Afrikanerspelers nie. Die sade van SA rugby se ondergang kom al van vêr af. Dit het beslis nie skielik met Meyer begin nie, alhoewel Meyer dit waarskynlik bespoedig het. Sy voorgangers wat egter nie juis veel beter as hy nie.

Jake White was weliswaar ‘n Engelssprekende afrigter, maar mens kan selfs nie eens White se aandeel in die Springbokke se wen van die RWB 2007 ernstig opneem nie. ‘n Vorentoe-aangee deur die Franse het die All Blacks uit daardie toernooi verwyder, en die Springbokke ‘n maklike pad na die eindstryd gegee. Tweedens was die kern van daardie span die suksesvolle Bulle-span, wat die Super 15 gewen het, en toevallig deur die einste Meyer afgerig was. Wie was White se hulpafrigter in 2007? Ene Eddie Jones, die Japannese se afrigter wat die Springbokke Saterdag ‘n les geleer het. Vóór die RWB 2007 het Jake White se Springbokke ook maar beroerd in wedstryde teen die All Blacks en Australië vertoon.

Nog ‘n luide en skril stemmetjie van veroordeling teen Meyer, is die koddige klein Piet Snorre, die hansworsagtige voormalige kwota-afrigter van die Springbokke. Was dit egter nie die einste Piet Snorre, hy wat graag die kat in geparkeerde motors geknyp het, wat ook self deurgeloop het omdat hy nog ‘n bejaarde speler, John Smith, ipv Bismarck du Plessis in die 2011-halfeindstryd laat speel het nie?

Kyk: Ek sê geensins dat Meyer nie bygedra het tot sy eie ondergang nie, of dat Saterdag se uitslag aanvaarbaar was nie, maar Suid-Afrika se rugby is al jare lank in ‘n staat van agteruitgang, en Meyer is maar bloot ‘n gerieflike sondebok. Ons raak bly oor verdwaalde oorwinnings teen die All Blacks, maar hulle rekord teen die Springbokke spreek vanself. Ons provinsiale spanne wen byna nooit die Superrugby-toernooi nie. In 2015 kon geen van ons spanne eens naby die einstryd van die Super 15 kom nie. Was dit ook Meyer of die oumanne se skuld? Gee dus gerus vir Meyer die trekpas, en stuur gerus al die oumanne na die ouetehuis – ons gaan nog steeds ons gate sien in volgende jaar se Viernasies en in die Super 15 van 2016.

Ek sou eerder die jarelange verval in Sprinbokrugby aan politieke faktore toeskryf, en spesifiek aan rassistiese transformasie.

Geen ander span wat deelneem aan hierdie toernooi, die Viernasies of die Super 15, word gedwing om een-derde van sy groep met kwotaspelers vol te maak nie.

Wat op dees aarde maak Zane Kirchner in die beginspan, byvoorbeeld? Rudy Paige kan nie eens die gehate Bulle se beginvyftiental haal in die Curriebeker nie, maar daar is hy, deel van die groep. Faf de Klerk van die Pumas is ‘n veel, veel beter skrumskakel as Paige, maar is om politieke redes tuis maak bly. JP Pietersen druk minder as een drie elke derde wedstryd, maar daar is hy op vleuel, want hy is donker genoeg. Bryan Habana is ook ‘n ouman, maar erger nog, ‘n kwota-ouman, ‘n skadu van sy voormalige self. Siya Kolisi word as losvoorspeler ingesluit, maar toe ‘n ander flank, Willem Alberts, beseer word, verkies Meyer eerder ‘n slot as Kolisi, omdat hy duidelik geen vertroue in kwotaspelers soos Kolisi het nie.

Daar is geen twyfel hieroor nie: Politieke inmengery, die wete dat briljante jong spelers soos Jaco Kriel van die Leeus, en Steven Kitshoff van die WP, tuis moes bly omdat hulle wit is, móét ‘n impak maak op die res van die span. Meyer kon nie kies wie hy wou nie; hy moes minstens 30% van sy groep uit die geledere van swart of bruin spelers kies. Sy een hand is agter sy rug vasgebind. Geen ander afrigter by die RWB word so gekortwiek nie. Koppel hieraan Meyer se eie hardkoppigheid en swak besluite oor sy ander spankeuses en taktieke, en die ramp teen Japan was ‘n ongeluk wat bloot ‘n plek gesoek het om te gebeur.

Gisteraand loop die Argentynse spelers se trane toe die Argentyne hul volkslied sing. Vir sestig minute gee hulle die magtige All Blacks kwaai opdraande. Wonder hoekom huil baie jong, talentvolle wit spelers slegs waneer die span aangekondig word?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ric

    Geen kommentaar nodig nie. Jy slaan die spyker op die kop.
    Watter wonderwerk is te wagte om te wen teen wêreldklas spanne as jyself verplig word om met ‘n baster B en C span teen hul op te trek?!

    • Ric,
      ek is geen rugbykenner nie, maar hier kan ek mee saamstem want dit is darem regtig goed saamgevat. stuur dit sommer ook vir die minister van sport.

    • Bad Moon

      En dan het ou frikkie mbalula sy bek te rek. Nog erger is dat ou tone edenriech, wat nie eens weet wat in rugby aangaan nie ook sy vuil bek te rekke het, hy en sy cosatu gepeupel. Dit is hoekom ek deels hier ontrek het, want ek word gedwing deur hierdie onbevoegde laeklas regring en sy trawante om rassisties te wees sodat hulle ‘n vinger na my kan wys.

  • Rooikop

    Hierdie afgod word al vir baie jare gebruik om die Afrikaner aan die neus rond te lei. Die binnegevegte – veral die moontlike by die huis bly van so ‘n paar weke gelede dan sou dit ‘n wonderwerk wees as die bokke op hulle beste sou wees.

  • Riempies

    Dit is nou presies die resultate van ANC transformasie.

    Die ANC moet nou maar vir hulle die Japanese span koop hulle
    het mos onuitputlike planne waarmee hulle geld kan melk, of nog beter sommer
    nou n hele swartspan Proteas bou. Raad aan die ANC onthou tog van julle fatcats
    wat in beheer is van rugby wat nog nooit n rugby bal in hulle hande gehou het nie
    -se salarisse.
    NS: Mnr Heyneke – jy kan nie van goiingsakke n satyn afwerking verwag nie,
    jammer maar dit is nou maar hoe dit is.

    • Jared van Niekerk

      Om die Bokke se probleme met nog transformasie – nog swart kwotaspelers – aan te spreek, is soos om longkanker met nog sigarette te probeer behandel.

      • Riempies

        Dit is verseker so. Wat my groot plesier verskaf het is dat verbete
        rugby ondersteuners (my man en seun was twee) nou hulle rug op die ANC se rugby
        gedraai het. Ons moet net die ANC dagvaar as hulle ons embleem van die
        springbok vir hulle swartspan gebruik – dit is ons embleem wat ons met trots
        gedra het – nie hulle sin nie. Die ANC het mos gesê hulle gee nie om vir verloor
        nie solank die span net getransformeer word. Nou-ja nou het hulle die hele
        protea span net vir hulle self. Ons gaan iets anders doen wat ons ook met groot
        sukses sal uitbou meer as wat die ANC ooit in hulle lewe sal kan sê. Alles wat
        hulle aangeraak het – het in die rioolsloot geland.

  • Dolk

    Die verskil tussen ‘n Afrikaan en Midas is: alles wat van suiwer goud is waaraan ‘n Afrikaan aan raak, verander in nuttelose klatergoud…

    • Jared van Niekerk

      Of selfs in daai goed wat hulle oor standbeelde uitsmyt.

  • ThysH

    Ek wonder watter taal gebruik hulle in hul spanpraatjies?