Dapper Bloeisels klits die Floubokke

Deel op

Suid-Afrika speel Saterdag in sy tweede wedstryd teen Samoa wat Amerika vroeër met 25-16 geklop het.

Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, het die Springbokke oor die kole gehaal en gesê hulle vertoning in die wedstryd teen Japan was teleurstellend.

Die Bokke het met 34-32 verloor in die Wêreldbeker rugbytoernooi in Engeland. Kritici meen dit is omdat die span nie swart genoeg is nie.

Mbalula het tydens die opening van die Inheemse Speletoernooi in Polokwane gesê hy het die afrigter, Heyneke Meyer, geskakel om sy misnoeë met die span se vertoning te kenne te gee.

Die minister sê Suid-Afrikaners is ‘n nasie van vegters en hy sal graag Saterdag die gees wil sien in die Bokke se tweede groepwedstryd teen Samoa.

Nieu-Seeland het sy Groepwedstryd teen Argentinië met 26-16 gewen, hoewel die All Blacks eers in die sestigste minuut daarin kon slaag om die voortou te neem.

Die afrigter van die Springbokke, Heyneke Meyer het die land om verskoning gevra oor wat hy noem die onaanvaarbare vertoning deur sy span teen Japan.

Die Dapper Bloeisels, soos hulle bekend staan, het die haas onmoontlike vermag deur die Springbokke met 34-32 in die doodsnikke van hul wêreldbekerwedstryd in Brighton, Engeland te klop.

Meyer sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir die skokneerlaag. Hy sê die span se dissipline het hom in die steek gelaat, maar ook dat daar geen maklike wedstryde in die toernooi is nie.

Die veteraan-Springbok, Fourie du Preez wat deur Meyer teruggelok is na beroepsrugby, het die uitslag as ‘n laagtepunt in sy loopbaan bestempel.

Ierland en Frankryk het onderskeidelik oorwinnings van 50-7 en 32-10 oor Kanada en Italië behaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.