Staatsgreeppoging in Burkina Fasso dalk ontlont

Deel op

Daar is luidens berigte aanduidings dat ‘n ooreenkoms in Burkina Faso bereik is en dat die mag weer aan die burgery oorhandig gaan word na ‘n staatsgreep.

Leiers van Benin en Senegal het blykbaar daarin geslaag om die politieke krisis in hul buurland te ontlont.

Volgens die ooreenkoms sal Burkina Faso se verkiesing, wat op 11 Oktober sou plaasvind, waarskynlik uitgestel word.

Soldate van die presidensiële wag het Woensdag president Michel Kafando en verskeie ministers gevange geneem en die politieke oorgang in die land ontspoor. Tien mense is dood en tientalle beseer toe die staatsgreep uitgvoer is.

Die president van Benin, Thomas Boni Yayi sal later vandag waarskynlik ‘n aankondiging maak.

Geweervuur het die naweek in die strate van Ouagadougou, die hoofstad van Burkina Faso, opgeklink.

Die weermag het vroeër in ’n radio-­uitsending aangekondig dat dit nou in beheer van die land is en sodoende bevestig dat ’n staatsgreep uit­gevoer is, slegs enkele weke voor verkiesings gehou sou word.

Ban Ki-moon, sekretaris-­generaal van die Verenigde Nasies (VN), het Woensdag skerp gereageer op berigte dat die president en premier van Burkina Faso en ver­skeie ministers aangehou word. Hy het geëis dat hulle onmiddellik vrygelaat word.

Die presidentswag het vroeër Woensdag ’n kabinetsvergadering binnegestorm en die waarnemende president in hegtenis geneem.

Dié voorval het gebeur skaars ’n maand voordat ’n verkiesing gehou gaan word om die oorgang na ’n demokrasie af te handel. Blaise Compaore is in 2014 ná ’n lang heer­skappy uit die kussings gelig.

In ’n verklaring eis Ban die vrylating van pres. Michel Kafando en premier Yacouba Isaac Zida. Volgens die verklaring is die voorval ’n oortreding van Burkina Faso se grondwet en oorgangswet.

In die verklaring word ook ’n beroep gedoen dat die rolspelers hulle nie tot geweld moet wend nie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.