Inwoners pleeg halsnoermoorde in Etwatwa

Deel op

‘n Vierde swart seun is wreed aangeval in Etwatwa op Johannesburg se Oos-Rand, waar drie tienerseuns hierdie week dood is in sogenaamde bendegeweld.

News24 is meegedeel dat die seun, ongeveer 17, aan die brand gesteek is Donderdagmiddag in Etwatwa Uitbreiding 8.

Daar word vermoed dat hy met die berugte “halsband-metode”, met ‘n brandende buiteband om sy nek, vermoor is, het die polisie bevestig.

Ekurhuleni Metro Polisie het glo na die toneel gehaas.

Sondag, is die eerste tienerseun ge-“halsband”, en daarna is twee seuns vermoor op dieselfde manier Dinsdag. Hulle was 16 jaar oud.

Inwoners het aan EWN gesê dit is deel van die bendegeweld waarteen inwoners hulself verset het deur twee seuns aan die brand te steek van die OVL-bende.

Inwoners kla dat die bende hulle terroriseer. Die meeste tieners wat aan die bende behoort is glo tussen 14 en 18 jaar oud.

‘n Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini het gesê hulle het nog nie enige verdagtes agter die moorde geïdentifiseer nie, maar die SAPD is bewus van die gevalle van boendoe-geregtigheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.