ANC gevra om in te gryp nadat mediese studente in Kuba bid

Deel op

Die Kubaanse ambassade in Suid-Afrika het sy kommer aan die regering in Pretoria oorgedra oor Suid-Afrikaners wat hulself tot geloof wend.

Kuba het onder kommunisme alle geloofsuitinge ter wille van Marxisme soos in die Sowjet-Unie, verbied. Die Castro-broers, harde Marxiste wat die eiland soos ‘n privaatfamiliebedryf bestuur, duld steeds geen godsdiensbeoefening nie.

Van die Suid-Afrikaners wat in Kuba medies studeer, gebruik glo geloof om siekes te genees.

Dit het meegebring dat KwaZulu-Natal se LUR vir gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, `n beroep op die godsdiensleiers gedoen het om in te gryp.

Dhlomo sê Kubaanse amptenare het hom ingelig dat van die studente tot sewe uur per dag bid en nie genoeg studeer nie.

Dhlomo glo dat dit hul studies sal benadeel.

KwaZulu-Natal het tans 789 studente in opleiding in Kuba en 85 gekwalifiseerde dokters in diens van die departement.

Aan die einde van Augustus, het die departement nog 13 studente ingeskryf en 335 mediese studente sal terugkeer na Kuba.

Dr Dhlomo het vroeër gesê hy sal vir die 26 studente wat nie hul eksamens geslaag het nie, bid. Hulle moet aanvullende eksamens skryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.