ANC gekant teen Afrikaans by Maties

Deel op

Die ANC het sy stem gevoeg by diegene wat gekant is teen, wat hulle noem, die eksklusiewe gebruik van Afrikaans by tersiêre instellings, het RSG berig.

Die voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, Marius Fransman het aan studente van die Universiteit Stellenbosch gesê die taal kan nie gebruik word om ander etniese groepe uit te sluit nie.

Fransman sê hoewel die party die gebruik van Afrikaans sal verdedig, moet dit nie op mense afgedwing word nie.

Fransman sê Afrikaans behoort aan almal en kan nie gebruik word om te verdeel en mense uit te sluit nie. Fransman was ‘n spreker by ‘n lesing oor transformasie op die kampus.

Die ANC sê na 21 jaar van demokrasie is 83 persent van die akademiese personeel en 62 persent van die studente by die universiteit steeds wit.

Die ANC-voorsitter, Baleka Mbete was die hoofspreker by die geleentheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.