‘Hoeveel f—-n Jode dink dié mense is daar in die VSA?’

Deel op

Die konserwatiewe ontleder Ann Coulter sê sy haat nie Jode nie, net die Republikeinse kandidate wat by hulle kruip.

Coulter, ‘n ondersteuner van die Republikeinse kandidaat Donald Trump, het tydens die laaste minute van CNN se marathondebat ergerlik gevra: “How many f—ing Jews do these people think there are in the United States?”

Die histeriese reaksie teen Coulter is begroet met talle wat hul goedkeuring gewys het met die hutstekenondersteuning #IStandWithAnn.

In ‘n onderhoud met The Daily Beast, het Coulter gesê die omstredenheid is weens ‘n misverstand.

Sy het nie bedoel om te sê dat die Jode invloed in die VSA monopoliseer nie. “Ek beskuldig die Republikeine wat dink die Jode het soveel mag. Hulle is die mense wat komieklik optree in hierdie drama waar Jode alles beheer,” sê Coulter.

Dit is nie die eerste herrie van sy soort nie. ‘n Republikein wat “fok” en “Jood” saam gebruik het, was die Staatsekretaris James Baker, in 1989.

Baker, wat onder Ronald Reagan gedien het, het oor die Jode wat konserwatiewe beleidsrigtings probeer saboteer, gesê: “Fok die Jode. Hulle stem in elk geval nie vir ons nie.”

Jay Michealson van die Daily Beast het aan Coulter gevra of haar kritiek teen Republikeinse kandidate wat behep is met Israel, nie nog steeds problematies is nie: “Dit is soos om te sê dat ‘n groep politici dink Jode het te veel mag?”

“Wel,” het Coulter geantwoord: “Hierdie episode gaan nie ‘n lang pad om dit te weerlê nie.”

Coulter het haar eie geskiedenis van opruiende opmerkings wat gerig is teen die Jode. Sy het by ‘n vroeëre geleentheid vir die Joodse onderhoudvoerder Donny Deutsch gesê dat die Jode hulself tot die Christendom behoort te bekeer, want “Jode moet verbeter word.”

Ongeveer 2% van die VSA se bevolking is Joods. In neo-konserwatiewe kringe het die meeste Jode hul Israeli-paspoorte behou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.