Mau Mau onthul monument vir slagoffers van Britte

Deel op

Die sekretaris-generaal van die vereniging van Mau Mau-oorlogveterane (MMWVA), Gitu wa Kahengeri, het duisende mense toegespreek die afgelope naweek in Uhuru Park se vryheidshoek in Nairobi met die inhuldiging van ‘n nuwe standbeeld.

Die monument vir slagoffers van marteling deur die Britse kolonialiste in die Keniaanse hoofstad, is deur die VK befonds.

Die wandade het tydens Kenia se “noodtoestand” aan die einde van die Britse ryk se gloriedae in Kenia tussen 1952 en 1960 plaasgevind.

Die monument is opgerig nadat Brittanje in 2013 tot ’n multimiljoen dollar-skikking vir duisende Keniane ingestem het wat deur koloniale magte gemartel is.

In dié tyd het vegters van die Mau Mau-beweging Britse teikens aangeval en paniek onder wit setlaars gesaai.

Die Keniaanse menseregtekommissie beraam dat nagenoeg 90 000 Keniane dood of vermink is en 160 000 tydens die opstand aangehou is.

Brittanje het verklaar dat die monument versoening sal bevorder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.