Thailand blameer Moslemgroep vir Bangkok-bom

Deel op

Die hoof van Thailand se polisie het Woensdag verklaar dat die Bangkok-bomontploffing met China se Oeigoer-minderheid verbind word.

Die bomontploffing op 17 Augustus het die lewe geëis van 20 mense, van wie die meeste etniese Chinese was.

Dit het die vermoede laat ontstaan dat militante of ondersteuners van die oeigoere, ‘n etniese groep wat aanvoer dat hulle in China vervolg word, vir die ontploffing verantwoordelik was.

‘n Maand tevore het Thailand meer as 100 Oeigoer-vlugtelinge na China gedeporteer, wat internasionale kritiek uitgelok het en tot gewelddadige protes in Turkye gelei het.

Moslems in Turkye beskou die Oeigoer-minderheid as deel van die globale Turkssprekende familie.

Die Han Chinese beset tans die invloedryke posisies in China se Xinjiangprovinsie waar die meeste Oeigoere woon.

Aktiviste sê hul kommersiële en kulturele aktiwiteite word geleidelik ingeperk deur die Chinese staat.

Daar is klagtes van ernstige beperkings op Islam, met minder moskees en streng beheer oor godsdienstige skole.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.