Oproeriges versper hospitaal in Limpopo

Deel op

Oproerige inwoners van Makhuvha naby Thohoyandou in Limpopo het Woensdagaand amok gemaak by ‘n hospitaal.

Die beswaardes het die ingang na die Matatshe Donald Frazer hospitaal met klippe en brandende bande versper.

Hulle eis dat verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met twee moorde in Mei vanjaar vrygelaat word.

Die verdagtes was na bewering deel van ‘n groep inwoners wat twee vermeende misdadigers vermoor het.

Die polisie is in die gebied ontplooi en monitor tans die situasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.