Jong Mandela daag nie op vir sy verkragtingsaak nie

Deel op

Verwarring het Woensdag by die Johannesburgse landdroshof geheers, waar ‘n kleinseun van die voormalige president Nelson Mandela, beskuldig word van verkragting van ‘n minderjarige.

‘n Amptenaar het gesê Mandela is nie meer geskeduleer om te verskyn nie, en sy saak het verskuif na ‘n later datum.

Melvin Neale, wat deel is van die jong Mandela se regspan, het bevestig dat die saak nie in die hof aangehoor sal word soos voorheen nie.

“Ek kan nie die redes gee nie. Dit sal aan die lig kom in die hof op 6 November,” het hy gesê, en geweier om enige verdere inligting bekend te maak.

Die 24-jarige swart pa van drie, wat ‘n treffende ooreenkoms met sy oorlede oupa toon, is verlede maand op R7 000 borgtog uitgelaat nadat hy ‘n week in die tronk deurgebring het.

Tydens sy aansoek om borgtog, het hy versoek dat hy “nie beskou word as ‘n Mandela nie, maar as ‘n normale burger van die land”.

Die staat beweer dat die jong man die tienermeisie van 15 op 7 Augustus verkrag het.

Die slagoffer se woedende pa het vroeër gesê hy hoop die naam “Mandela” beteken nie dat die dader lig daarvan sal afkom nie.

Die pa beweer dat Winnie Madikizela-Mandela, die vermeende dader se stiefouma, haar lyfwagte gestuur het om die gesin te gaan intimideer nadat hulle die klag teen die jong Mandela gelê het.

Die lyfwagte het voorgee om polisiebeamptes te wees. ‘n Familielid van die slagoffer het bevestig dat die Mandelas probeer om druk op die slagoffer se ma te plaas om die saak terug te trek.

In Desember verlede jaar, was Mbuso betrokke in ‘n motorongeluk met een van aartsbiskop Desmond Tutu se kleinkinders in die vroeë oggendure na ‘n partytjie. Mbuso se Polo is afgeskryf maar die ongeluk is nie by die polisie aangemeld nie.

Mbuso het voorheen ‘n verhouding met Anais Grimaud, ‘n Franse kleurling van Reunion en die voormalige vrou van sy oudste broer, Mandla gehad.

Mandla het Anais se seun aan Nelson Mandela voorgehou as sy eie, maar na vaderskapstoetse is bevind dat die kind ‘n ander pa het. Sy het toe teruggekeer na die Franse Indiese Oseaan-eiland met haar baba.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.