EU ontken blaam vir vlugteling-krisis

Deel op

Die krisis van massa-migrasie van vlugtelinge uit Afrika is nie veroorsaak deur die Europese lande nie, maar deur outokratiese leiers, het ‘n Europese amptenaar Dinsdag gesê.

Roeland van de Geer, die ambassadeur van die Europese Unie na Suid-Afrika, het gesê die oorsaak van die krisis in Noord-Afrika “lê vierkantig by sy eie leiers”.

Ná ‘n vergadering tussen President Jacob Zuma en die diplomatieke korps, het hy aan verslaggewers gesê hy geglo dat die gebrek aan demokratiese waardes die dryfkrag agter die mirgrasie-stroom is.

“So het ons plaas die verantwoordelikheid vir wat gebeur in die lande van die Magreb duidelik in die hande van die leiers wat diktators was en het nie demokrasie respekteer nie,” het Van der Geer verklaar.

Vroeër Dinsdag, het President Jacob Zuma Europese lande vir die Libiese vlugtelingkrisis blameer.

Zuma sê die Europese lande, wat ‘n rol in die ondergang van die Libiese president Gaddafi en die gevolglike onstabiliteit in Libië gespeel het, dra die volle verantwoordelikheid vir die humanitêre en vlugtelingkrisis.

Hy sê die moondhede wat lande gedestabiliseer het en hul burgers laat vlug het, moet nou verantwoordelikheid vir hul dade aanvaar.

Zuma is het diplomate toegespreek oor Suid-Afrika se internasionale sienings voor die VN se Algemene Vergadering later hierdie maand vergader.

Hy het bygevoeg dat die Verenigde Nasies hervorm moet word om al die kontinente te verteenwoordig en om die uitdagings van ‘n moderne wêreld die hoof te bied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.