Australië voer lugaanvalle uit op Sirië

Deel op

Die Amerikaanse weermag sê Australiese gevegsvliegtuie het hulle eerste lugaanvalle op vestings van die Islamitiese Staat-groep in Sirië uitgevoer, het RSG berig.

Australië het verlede week aangedui dat hy sy betrokkenheid by die Amerikaans-geleide optrede teen die jihadistegroep gaan uitbrei.

Vroeër het die Britse eerste minister, David Cameron gesê ‘n sterk saak kan uitgemaak word ten gunste van militêre optrede teen die militante in Sirië, maar dat hy konsensus daaroor sou wou bereik in die parlement.

Dié aankondiging volg nadat Australië pas van sy premier Tony Abbott, ontslae geraak het in ‘n interne partystryd.

Abbott het die leierskapstryd met 54 stemme teenoor 44 verloor. Hy word vervang deur die voormalige leier van die Liberale Party en minister van kommunikasie, Malcolm Turnbull.

Turnbull het dié week die uitdaging aan Abbott gerig midde die al swakker vertoning van die twee jaar oue konserwatiewe koalisie regering.

Die verandering in leierskap is deel van ’n buitengewone onstabiele tydperk in Australiese politiek. Turnbull word Australië se vierde eerste minister in net meer as twee jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.