Petrolbomaanval op langafstandbus in Strand eis twee

Deel op

Die waarnemende burgemeester van Kaapstad, Brett Heron het die aanval op ‘n Intercape-bus in die Strand waarin twee mense dood is, veroordeel.

NUUT!

Herron het beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met inligting.

Die motief vir die aanval op Onverwachtstraat, net langs die N2-snelweg, is nog nie duidelik nie.

“Op hierdie stadium is die rede agter hierdie gevoellose daad nog onbekend,” het Heron in ‘n verklaring gesê.

Twee mans is dood en 34 ander mense is beseer toe die bus Dinsdagaand met ‘n petrolbom gegooi is.

ER24 woordvoerder Werner Vermaak het gesê vier mense het ernstige beserings opgedoen en die res is vir rookinaseming behandel asook brandwonde.

Die Wes-Kaapse departement van Gemeenskapsveiligheid het die polisie gevra om die aanvallers van die dubbeldekkerbus in Lwandle, so vinnig moontlik vas te trek.

Drie petrolbomme is glo na bus van die langafstand-passasiersdiens Intercape gegooi.

In dié stadium meen amptenare dat die aanval nie verband hou met ‘n protes-aksie nie, aangesien daar nie berigte van onrus in die gebied was nie.

Die provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê dringende optrede is nodig om die skuldiges op te spoor.

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek intussen ‘n saak van moord en poging tot moord na die aanval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.