Keniane maak jag op albino’s

Deel op

Keniane is dié week betrap waar hulle probeer het om liggaamsdele van ’n man met albinisme af te kap om dit vir moetie te verkoop.

Dit het vrees vir oorgrens-aanvalle uit naburige Tanzanië laat ontstaan, het AFP berig.

“Drie mense het my huis bestorm en geld geëis,” het die 56-jarige Enock Jamenya van die Vihiga-distrik aan die Daily Nation gesê. “Toe ek hulle meedeel dat ek nie geld het nie, het hulle vir ’n oor of ’n hand gevra wat hulle in Tanzanië wou gaan verkoop.”

Die aanvallers het sy oor, arm, nek en vingers begin afsny, maar het op die vlug geslaan toe hulle vermoedelik gesteur is. Jamenya is gewond en bewusteloos agtergelaat.

In naburige Tanzanië word sommige politici daarvan beskuldig dat hulle albino-liggaamsdele vir heksery en gelukbringers koop.

Menseregtegroepe het gewaarsku oor die gevaar van meer aanvalle op albino’s in Tanzanië terwyl veldtogvoering onderneem word vir die presidents- en algemene verkiesing wat op 25 Oktober plaasvind.

Die Keniaanse wetgewer Isaac Mwaura, wat ook albinisme het, het herhaaldelik gewaarsku dat bendes aanvalle in Kenia uitvoer vir handel in Tanzanië. Minstens 76 albino’s in Tanzanië is sedert 2000 vermoor en hul liggaamsdele teen ongeveer US$600 stuk verkoop.

’n Hele liggaam kan volgens deskundiges van die Verenigde Nasies vir soveel as US$75 000 verkoop word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.