Geweld teister Jerusalem

Deel op

Israeliese polisie het bekend gemaak dat ’n Joodse setlaar dood is aan wonde wat hy opgedoen het toe sy voertuig met klippe bestook is op die Wesoewer.

Sy voertuig het glo onder klippe deurgeloop toe hy en twee ander insittendes onderweg huis toe was nadat hulle ’n maaltyd bygewoon het om die Joodse nuwejaar te herdenk.

Die man, Alexander Levlovitz, 64, het beheer oor sy motor verloor en in ‘n elektrisiteitspaal vasgejaag.

Die identiteit van die klipgooiers is nie bekend nie, maar hulle is vermoedelik uit ’n nabygeleë Arabiese woonbuurt afkomstig.

Polisiebeamptes en Palestynse klipgooiers was Dinsdag vir die tweede agtereenvolgende dag in skermutselinge by Jerusalem se mees sensitiewe heilige plek betrokke.

Tempelberg is heilig vir Jode omdat dit die plek was waar twee Joodse tempels in die Bybelse tyd gebou is. Vir Moslems is dit ’n heilige plek omdat hulle glo die profeet Mohammed het van die berg af na die hemel opgevaar.

Moslemleiers het Israel se optrede by die Tempelberg as provokasie gekritiseer.

Die US State Department het die Moslem-naam vir die Tempelberg gebruik in ‘n verklaring waarin hulle “alle dade van geweld” op die al-Haram al-Shariff veroordeel het.

Die EU het ook gewaarsku teen “provokasie” by die moskee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.