Noodtoestand in Kalifornië na brande

Deel op

Talle wonings is in ligte laaie gelaat in die wegholbrande in Seigler Springs, Kalifornië, het AFP berig.

Die goewerneur van Kalifornië het Sondag ’n noodtoestand afgekondig nadat brande in die noordelike dele van die droogtegeteisterde Amerikaanse staat versprei het.

Duisende mense is genoop om voor die vlamme uit te vlug. Die dorp Middletown met ’n bevolking van 1 300 mense is byna heeltemal in puin gelê.

Die plaaslike koerant Santa Rosa Press-Democrat het berig dat die brand binne vyf ure van net 50 hektaar na 10 000 hektaar versprei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.