Re?nweer veroorsaak ongelukke in Johannesburg

Sewe kleiner ongelukke het plasgevind in en om Johannesburg op Dinsdagoggend as gevolg van reënweer, het die Metropolisie gesê.

“Daar was reeds sewe kleinerige motorongelukke, maar met geen ernstige beserings of sterftes nie” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê.

Heelwat van die ongelukke was buffer teen buffer botsings gewees, het hy bygevoeg.

“Dit reën oor groot dele  van Johannesburg vanoggend en motoriste moet hulle spoed verminder, hoofligte aangeskakel hou en veilige volgafstande handhaaf” het hy gewaarsku.

“Ons moet motoriste waarsku om versigtig te wees.”  

для пескоструйнойалександр лобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.