Hyskraan val op Mekkamoskee

Deel op

‘n Hyskraan wat op die Groot Moskee geval het in Saoedi-Arabië, het die dood van minstens 107 mense veroorsaak.

Die Masjid al-Haram is die godsdientige sentrum van Islam.

Gelowige Moslems wat daartoe in staat is, is veronderstel om ten minste een keer in hul lewe die pelgrimstog na Mekka aan te pak.

Die Groot Moskee in Mekka berei tans voor vir die jaarlikse Moslem-Hajj-pelgrimstog. Honderdduisende mense van oral ter wêreld sal aanstons opdaag.

Die land se ministerie van verdediging het die aantal sterftes bevestig. Die burgerlike beskermingsowerheid het Vrydagaand getwiet dat meer as 180 mense in die voorval beseer is.

Die Saoediese owerhede het verlede jaar met uitbreiding van die terrein begin om die groeiende aantal pelgrims te kan akkommodeer.

Die hyskraan wat Vrydag ineengestort het, is gebruik vir die bouwerk wat op die terrein gedoen word.

Luidens berigte het sterk winde die ongeluk veroorsaak, maar talle glo dat dit weens die Moslemimmigrantekrisis in Europa gebeur het.

Geen Suid-Afrikaners is glo in die ongeluk beseer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.