Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Deel op

Die Egiptiese regering het om verskoning gevra nadat veiligheidsmagte Sondag “per ongeluk” 12 mense, insluitende twee Mexikaanse toeriste, doodgeskiet het.

Die Egiptiese ministerie van binnelandse sake sê ondersoek sal ingestel word oor hoekom die toeriste in die verbode gebied was.

Tien Mexikane en Egiptenare is ook in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.

Die veiligheidsmagte het klaarblyklik ‘n toeriste-konvooi aangesien vir die militante wat hulle agtervolg het.

Die Egiptiese polisie sowel as die weermag was besig met ‘n gesamentlike operasie om die militante in die uitgestrekte Al-Waha-woestyngebied in die weste van die land te volg.

Hulle het op die konvooi, bestaande uit vierwielaangedrewe voertuie sonder nommerplate, losgebrand.

Pres. Enrique Peña Nieto van Mexiko het die aanval op Twitter skerp gekritiseer en ‘n volledige ondersoek na die skietvoorval geëis.

Vyf van die Mexikaanse toeriste se toestand is stabiel. Die Mexikaanse ambassadeur Jorge Alvarez het hulle in die hospitaal besoek.

‘n Woordvoerder van die Egiptiese ministerie van toerisme het bevestig dat die konvooi wel in ’n verbode gebied was en hul voertuie was ook nie gelisensieerd nie.

Sedert pres. Mohammed Morsi van die Moslemsbroederskap in 2013 uit die kussings gelig is in ‘n militêre oorname, word Egipte deur onrus en terreur geteister.

Insurgente van die Islamitiese Staat in Egipte het reeds die dood van honderde soldate en polisie in aanvalle veroorsaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.