Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Deel op

Regter Elton Hoff het Maandag sy uitspraak teen 65 beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadverhoor in Windhoek voltooi.

Altesaam 30 beskuldigdes is skuldig bevind op ʼn klag van hoogverraad, nege klagte van moord en 240 klagte van poging tot moord.

Die oorblywende 35 beskuldigdes is op al die klagte teen hulle onskuldig bevind. Drie van dié beskuldigdes is egter daaraan skuldig bevind dat hulle die Namibiese-grens wederregtelik oorgesteek het.

Die klagte hou verband met die afstigtingspoging van 2 Augustus 1999 waartydens die lugmagbasis by Mpacha, die spesiale veldmag van die polisie se kamp by Katounyana, Katima Mulilo se polisiekantoor, die Wenela-grenspos, die middedorp, kantore van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) en die huis van sersant Liswani Mabuku op Katima Mulilo geteiken is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.