Kniebesering teister Nadal voor Davisbeker

 Die wêreld se nommer een, Spanje se Rafael Nadal, sal waarskynlik nie fiks wees vir die Davisbeker eindwedstryd teen Argentinië later die maand nie.

Sy afrigter, Toni Nadal, wat ook sy oom is, sê die kanse is skraal dat hy sal deelneem omdat hy steeds met 'n kniebesering sukkel.

Nadal moes noodgedwonge die seisoenseinde se Shanghai Meestersbeker weens die seningontsteking in sy regterknie misloop.

Hy sal Maandag nuwe toetse in Barcelona ondergaan. Die Spanjaard sê op sy webwerf 'n besluit oor sy deelname aan die Davisbeker eindstryd op 21 tot 23 November in Mar del Plata in Argentinië, sal Maandag of Dinsdag geneem word.

Sy afwesigheid versterk Argentinië se kanse om die beker vir die eerste keer te wen. Nadal het die seisoen 'n vierde Franse Ope titel gebuit en 'n eerste Wimbledonkroon verower toe hy Roger Federer onttroon het.  

проект баниЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.