Australië kry nuwe premier

Deel op

Australië kry ‘n nuwe premier, Malcolm Turnbull, nadat die sukkelende leier Tony Abbott die leierskap van die Liberale Party aan sy seniorvennoot in die regerende konserwatiewe koalisie afgestaan het.

Opposisiepartye lyk al sedert April in meningspeilings sterker as Abbott se regering.

Die voormalige minister van kommunikasie, Malcolm Turnbull, sal die 29ste eerste minister van Australië word na hy Abbott met 54 stemme teenoor 44 uit die kussings gelig het in ‘n mosie van wantroue.

Turnbull sal verwagting Dinsdag ingesweer word deur Australië se goewerneur-generaal Peter Cosgrove.

Julie Bishop, die minister van buitelandse sake, wat met Turnbull saamgespan het, het haar posisie as adjunk-leier van die Liberale Party behou deur 70 stemme teen 30.

Turnbull het Maandag gesê dat hy Abbott ingelig het dat hy hom sou uitdaag vir die leierskap nadat hy vertroue verloor het in sy bestuur van die ekonomie.

“Die eerste minister was nie in staat om ekonomiese leierskap aan ons land te bied nie. Hy was nie in staat om die ekonomiese vertroue te verskaf wat maatskappye nodig het nie,” het Turnbull aan verslaggewers gesê in Canberra gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.