Amerikaanse senatore dreig SA oor pluimvee-invoere

Deel op

Amerikaanse senatore Chris Coons en Johnny Isakson het President Jacob Zuma versoek om die Suid-Afrikaanse mark vir Amerikaanse pluimvee “spoedig” oop te maak om te verhoed dat Suid-Afrika winsgewende uitvoervoordele na die VSA verloor.

Coons van Delaware en Isakson van Georgia, verteenwoordig groot pluimveeproduserende state.

Hulle het hul nuutste dringende beroep gedoen terwyl landbou- en handelsamptenare van die VSA en SA in Pretoria vergader om te probeer om die uitgerekte geskil oor Amerikaanse vleisinvoere op te los.

Op die spel is Suid-Afrika se voortgesette handelsvoordele kragtens die African Growth and Opportunity Act (AGOA).

Verlede jaar is Suid-Afrikaanse uitvoere van $1,6 miljard na die Amerikaanse mark sonder tariewe verskeep.

AGOA, wat verval op 30 September, is vroeër vanjaar hernu. Maar Coons en Isakson het daarvoor gesorg dat Suid-Afrika net sal voortgaan om die voordele te geniet as Amerikaanse vleisuitvoere – veral pluimvee – toegelaat word.

In Junie vanjaar het die twee kante in Parys ooreengekom op ‘n jaarlikse kwota van 65.000 ton Amerikaanse pluimvee.

Maar Suid-Afrika gaan steeds voort om die pluimvee-invoere te blokkeer, met verwysing na kommer oor ‘n uitbreking van voëlgriep in die VSA.

Pretoria het sy lang verbod op die invoer van Amerikaanse vark en bees ook op gesondheidsgronde ingestel.

Die veeartsenykundiges van beide kante probeer tans om die hindernisse in hul vergadering in Pretoria te oorkom.

Suid-Afrika hou vol dat nie enige pluimvee van die VSA ingevoer sal word tot die hele land vry is van voëlgriep nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.