Die Universiteit van KwaZulu-Natal se Westville-kampus is Maandag weens geweld gesluit.
Dit volg swart studente op ‘n vernietigingstog gegaan het teen ‘n verhoging in die koste van registrasie vir 2016.
Oproerige swart studente het na bewering die hoof administrasiegebou en die hoofkwartier van die risikobestuursentrum aan die brand gesteek.
Verskeie voertuie is ook aan die brand gesteek.
Die ANC Jeugliga se provinsiale sektretaris, Thanduxolo Sabelo sê egter enige van sy lede wat betrokke was, sal getug word.
Intussen is klasse by die Vaal Universiteit van Tegnologie opgeskort na twee onlangse moorde.
Twee swart vroulike studente is by ‘n koshuis buite die kampus vermoor. Hulle het albei ‘n nasionale diploma in logistiek gestudeer.
Die president van die verteenwoordigende studenteraad, Troy Mathebula sê studente eis dat hulle veiligheid gewaarborg word.
Die direkteur van studente-dienste, dr Segopane Seroka sê veiligheidskameras sal binnekort op kampus geïnstalleer word.
Seroka sê die kontrak tussen die universiteit en die diensverskaffer moet net nog onderteken word.