‘Afrika hoort op Veiligheidsraad’

Duitsland se President Horst Koehler sê Afrika behoort 'n permanente sitplek in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies te kry.

Koehler, wat op 'n besoek van ses dae aan Nigerië is, sê Afrika moet regverdig verteenwoordig word in die pogings om die liggaam te hervorm. Hy het egter nie besonderhede gegee oor watter Afrikaland vir die sitplek oorweeg moet word nie. Koehler het gesê regverdige verteenwoordiging vir al die wêreld se streke moet ook in ander internasionale organisasies, soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds verseker word.

Koehler sê hierdie saak moet in die debat oor die oorsaak van die internasionale finansiële krisis geopper word. Die Duitse President het Vrydag in Nigerië aangekom en die  naweek deelgeneem aan die Afrika Forum, 'n inisiatief van hom wat Afrika- en Europese sakeleiers bymekaar bring.

настольная игра монополияАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.