Wit boelies dissiplinêr verhoor

Deel op

Dertien wit leerlinge van die Laerskool Randfontein aan die Wes-Rand in Gauteng, sal na verwagting Woensdag weet of hulle ook geskors is.

Dit volg na ‘n voorval waarin ‘n ander wit kind by die skool aangerand is. ‘n Video-opname van die aanranding het intussen soos ‘n veldbrand op sosiale netwerke versprei.

Een van die skool se leerlinge is reeds geskors.

Die Gautengse departement van Basiese Onderwys het bevestig dat die dertien na ‘n dissiplinêre verhoor sal verneem watter stappe teen hulle gedoen gaan word.

‘n Woordvoerder van die departement, Phumla Sekhonyane sê boelie-insidente sal nie by die provinsie se skole geduld word nie.

Die ma van die seun wat op die video aangerand word, sê intussen sy wil hê al die betrokke leerlinge moet geskors word. Sy het vroeër strafregtelike aanklagte by die polisie ingedien.

Die onderwysdepartement, wat gretig is om negatiewe insidente by wit skole te belig, sê steun aan die leerling wat aangerand is, is ‘n hoë prioriteit.

Dié insident volg kort op die hakke van ‘n swart onderwyser by Randfontein Secondary School wat swart kinders ernstig aanrand. Die beeldmateriaal is ook viraal versprei.

In die eerste voorval verlede maand is drie swart tieners na bewering aangerand deur die swart onderwyser vir ‘n poging om op te staan ​​vir hul klasmaat.

Die tieners na bewering ná die voorval erge kneusplekke gehad, en hul skooluniformhemde is geskeur.

Volgens Eye Witness News, het Phumla Sekhonyane van die Gauteng Onderwysdepartement gesê dat die onderwyser ook dissiplinêre optrede in die gesig staar, maar dit is nie bekend of die swart onderwyser aangekla is nie.

‘n Wit manlike onderwyser by die Randfontein Sekondêre Skool in Johannesburg, Suid-Afrika is ook vroeër op ‘n selfoon afgeneem waar hy ‘n kind wat dreig om hom te slaan, uit die klaskamer boender.

Die anti-wit media het die insident probeer voorhou as “aanranding van een van sy leerlinge”.

Intussen het die Vrystaatse onderwysdepartement het ‘n interne ondersoek begin nadat ‘n swart onderwyser van ‘n laerskool in QwaQwa glo 13 swart leerlinge aangerand het.

Onderwyswoordvoerder, Howard Ndaba, sê die onderwyser, wat intussen in die hospitaal opgeneem is vir onbekende redes, het na bewering ‘n groep gr.5-leerlinge aan die Laerskool Neo in sy klaskamer met ‘n lat op hul hande geslaan.

Ndaba sê die groep, wat seuns en meisies insluit, is kort na die beweerde voorval na ‘n plaaslike kliniek gebring waarna hulle na ‘n hospitaal vir behandeling verwys is.

Hy sê die leerlinge se ouers is vinnig van die voorval in kennis gestel. Die leerlinge is almal terug by die skool, terwyl die ondewyser hangende die ondersoek met siekteverlof is.

Ndaba sê die department beskou die onwettige voorval in ‘n ernstige lig, omdat ‘n groot getal leerlinge betrokke is.

Hy sê die departement sal nie skroom om streng op te tree as die betrokke onderwyser in die interne ondersoek skuldig bevind word nie.

Hy sê die departement moedig die leerlinge se ouers aan om ook individuele klagte by die polisie in te dien, sou hulle dit verkies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.