Swartes dink niks van H. Naledi nie

Deel op

Swart Suid-Afrikaners is net so min beïndruk met gays as met evolusie.

Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi het Saterdag getwiet: “Niemand sal my vertel dat ou aapbene wat opgegrawe word ‘n teorie bevestig dat ek was eers ‘n bobbejaan was nie.”

Dit het gelei tot ‘n warm Twitter-debat oor Homo Naledi, ‘n nuwe sogenaamde Afrika-voorsaat wat in die Wieg van die Mensdom ontdek is.

Vavi is hoegenaamd nie oortuig van die evolusieleer as ‘n bewese wetenskap nie. Vavi het met minagting gereageer op ‘n twiet wat dit voorgee: “Bewys eers dat ek voorheen ‘n aap was – moet asseblief nie ou bobbejaanbene bring nie.”

Die ontdekking sal volgens die minister van toerisme, Derek Hanekom, besoekers lok. Hanekom het Vrydag gesê hy glo die ontdekking sal ‘n hupstoot aan toerisme gee.

Maar Vavi soek bewyse wat die teorie van die Wieg van Mensdom-gedagte ondersteun.

“Ek is nie ‘n kleinkind van ‘n kees, aap of bobbejaan nie. Finish en klaar. Bewys nou wetenskaplik dat ek is,” het hy die evolusioniste uitgedaag.

Premier Helen Zille het ook tot die stryd toegetree. “Ons kom almal van pre-historiese hominiede. Hou op om Homo Naledi as ‘n verskoning te gebruik om slagoffer te speel. Bewonder evolusie!”

Swartmense op Twitter het veral gesê die evolusieleer druis in teen hulle godsdiensbeskouing en die meeste het dit summier verwerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.