Plaasvoorman met wielsleutel aangerand

Deel op

‘n Plaasvoorman van Gauteng word tans vir skedelbreuk behandel nadat drie gewapende swartmans hom Vrydagnag aangeval het in sy huis en hom herhaaldelik oor sy kop met ‘n wielsleutel geslaan het.

Die drie gewapende swartes het Johan Freysen op die Kroons Chicken Farm in Wildebeesthoek, Akasia, noord van Pretoria oorval.

Johan se dogter Elaine, 30, is ‘n professionele paramedikus, het haar pa later te hulp gesnel. Hy is ook gesteek in die arm met ‘n skroewedraaier.

Twee vriende en ‘n jong kleuter was ook ten tye van die aanval in die huis.

Volgens Freysen se dogter het die aanvallers nie daarin belanggestel om hul besittings te steel nie, maar wou glo net haar pa kom doodmaak.

Johan se vrou Rohena, 56, het met die trappe na die egpaar se slaapkamer gevlug om ‘n wapen te kry en sy kon ook die paniekknoppie druk.

Die aanvallers het gevlug met die aanhoor van die alarm. Hulle is met ‘n stel sleutels weg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.