Rykste sakeman sê SA ‘het homself in die voet geskiet’

Deel op

Een van Suid-Afrika se rykste sakemannne, Christo Wiese, het die regering daarvan beskuldig dat sy ondeurdagte beleidsrigtings ekonomiese groei en pogings om armoede te verlig, verhinder.

Volgens die Bloomberg Billion-indeks, is die bekendstelling van nuwe visumreëls en tydrowende burokratiese rompslomp om toegang te verkry tot titelaktes van eiendomme waar eienaars vir dekades gewoon het, ekonomiese remfaktore.
 
Hy het verder bygevoeg dat toerisme die een bedryf in die land is wat konsekwent sedert 1994 presteer.
 
Die visumreëls wat vanjaar ingestel is, vereis van toeriste om aansoek te doen in die persoon by ‘n sentrum vir reisdokumente en vir alle kinders om ‘n geboortesertifikaat met volledige besonderhede van beide ouers voor te lê.
 
Die aantal besoekers aan die land het intussen weens die nuwe maatreëls gedaal tot meer as 5% in die eerste kwartaal teenoor die dieselfde tydperk verlede jaar.
 
Verder is sakeleiers huiwerig om die regering voor stok te kry oor beleidsfoute wat bygedra het tot ‘n 25% werkloosheidsyfer en ‘n ekonomiese inkrimping in die tweede kwartaal.

Die ANC hoop dat hulle paleontologiese fonds, Homo Naledi, sal help om toeriste terug te lok, maar ontleders bly skepties.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.