Polisie vat oproeriges in Potch, Ventersdorp vas

Oproeriges wat Vrydag in Pothcefstroom se middedorp binnegevaar het, sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Nog arrestasies word binnekort verwag.

Dit is volgens Provinsiale Polisiekommesaris Jacob Tsumane, en volg na honderde oproeriges die strate in gevaar het en eiendom beskadig het.

Die polisie moes die plunderaars met rubberkoeëls verwilder.

Hulle is glo gekant teen die voorgestelde samesmelting van die Tlokwe-en Ventersdorp Munisipaliteite. ‘n Memorandum van griewe is later aan die munisipaliteit oorhandig.

In nog ‘n voorval is die ou Ventersdorp Stadsaal, wat tans die Verkeersdepartement huisves, Vrydagnag afgebrand.

Oproeriges het ook motors met klippe op die N14-pad bestook. Volgens Tsumane moet daar nog arrestasies in dié verband gemaak word.

Die situasie in Ventersdorp is na wat berig word vanoggend kalm, nadat nadat die klipgooiers motoriste op die N14 naby die Tshing-lokasie geteiken het.

Intussen het Tsumane bevestig dat ondersoeke na die oorsaak van die brand in Ventersdorp nog nie afgehandel is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Nog oefeninge.