Naledi Pandor prys H. Naledi-vonds

Deel op

Die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, sê Suid-Afrika moet meer in navorsing belê wat fokus op die paleontologiese wetenskappe, het RSG berig.

Sy het gereageer op die ontdekking van ‘n nuwe spesie van die menslike familie by die Wieg van die Mensdom in Gauteng.

Pandor sê dié fossielvonds is nogmaals ‘n bewys dat ons ‘n baie spesiale plek op aarde bewoon.

Sy glo op dié manier kan Afrika sy geografiese voordeel gebruik, omdat die mensdom se oorsprong hier lê.

Prof. Lee Berger, paleo-antropoloog, sê die skelet is nie dié van ‘n mens nie, maar ‘n “dier in oorgang na ‘n mens”.

Die beendere wys dat die wese ‘n besonder klein brein gehad het en aapagtige klou-vingers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.