Deel van N5 onbegaanbaar na wegholveldbrand

Deel op

Die polisie in die Vrystaat het motoriste Donderdag gewaarsku om die N5-roete tussen Kestell en Harrismith te vermy weens ‘n wegholveldbrand wat buite beheer woed.

Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê drie motors was reeds in ‘n botsing betrokke weens swak sig wat deur die brand se rookwolke veroorsaak is.

Mophiring sê boere van die gebied en ander owerhede werk hard om die vlamme, wat vinnig deur die wind versprei word, in bedwang te probeer bring.

Omliggende gemeenskappe word ook gewaarsku om versigtig te wees.

Mophiring sê alternatiewe roetes sluit in die R712 vanaf Kestell wat aansluit by die R66 in die rigting van Phuthaditjhaba.

Diegene wat vanaf Bethlehem reis moet ook die R66 volg wat later by die R712 na Harrismith aansluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.