Gedenkteken vir slagoffers van 9/11

‘n Gedenkteken is buite Shanksville in Pennsilvanië, Amerika geopen ter herinnering aan die 40 passasiers en bemanning van die United Airlines-vlug 93.

Die passasiers het vermoedelik op 9 September 2001 die vliegtuig gedwing om neer te stort om ‘n terreuraanval te fnuik.

Die vliegtuig was waarskynlik bestem om in die Senaat in Washington of teen die Withuis vas te vlieg, maar daar was geen teken van lyke of bagasie op die toneel in Shanksville nie.

Vier passasiersvliegtuie is 14 jaar gelede deur terroriste gekaap en onder meer teen die twee Wêreldhandelsentrumtorings in New York en die Pentagon buite Washington vasgevlieg.

Byna 3000 mense is in die aanvalle dood. Die amptelike getal is 2977.

Die amptelike ondersoek na die aanvalle word egter steeds deur talle spesialiste bevraagteken as ‘n blote toesmeerdery van ‘n voorafbeplande daad deur Neo-Konserwatiewes in die Amerikaanse regering.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.