Ekonomiese krisis knou internasionale kunsmark erg

Deel op

Image‘n Groot veiling van meesterstukke het min kopers gehad, wat bevestig het dat die globale finansiële krisis die kunsmark hard getref het.

Deel op

Die veilingkamer by Christie’s in New York was baie bedeesd terwyl 85 stukke impressionistiese en moderne kuns onder die hamer beland het, met 44% van die items wat nie kopers gekry het nie.

Daar is wel nog geld in die hoë kringe van internasionale kunsversamelaars, maar nie soveel soos wat ’n jaar gelede ernstige bieëry tot gevolg gehad het, met hoë pryse en groot winste vir die verkopers nie.

Christopher Burge, wat die veilig bestuur het, het gesê “ons is duidelik wêreldwyd in ‘n moeilike tyd”.

Een van die top items, Pablo Picasso se surrealistiese “Deux personanages (Marie-Therese et sa soeur lisant) watvan 1934 dateer, het $18 miljoen gehaal, die laer vlak van die voorveilingskatting wat so hoog as $25 miljoen geraam is.

Van die werke wat wel verkoop het, het 11% vir meer as hulle geskatte waarde gegaan.

Een van die werke was Juan Gris se “Livre, pipe et verre” wat in 1915 geskilder is en $20,8 miljoen gehaal het. Die geskatte prys was $12,5- tot $18,5 miljoen gewees.

“Improvisation” deur Wassily Kandinsky, die ekspressioniste meester, het vir $17 miljoen verkoop, terwyl skatting die prys tussen $15- en %20 miljoen geplaas het.

Ander groot werke wat na verwagiting goed sou doen het ook baie teleurstellend gedoen op die veiling.

Die skildery, “Pont d’Argenteuil et la Seine” deur Gustave Caillebotte het vir $8,4 miljoen verkoop, nader aan die lae skatting vir sy prys. ‘n Giacometti standbeeld van drie stokkiesfigure het vir $11,5 miljoen verkoop waar die verwagtinge die prys op $14 miljoen geplaas het.

Maandag het die teenstaanders Sotheby’s ook ‘n moeilike verkoping ervaar van die impressioniste en moderne werke.         

купить футболку для девочки без рисункалобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.